Geen gehoor in een oor: Die CROS oplossing

Category : Newsletter 2/2018

Trauma van die kop/oor, masels, pampoentjies, herhaalde middeloorinfeksies, en ander virusse kan ‘n permanente ernstige na uitermatige gehoorverlies in een oor tot gevolg hê.

Hierdie persone sal nie spraak kan hoor met daardie oor nie en sal probleme ondervind om in ‘n geraasomgewing ‘n gesprek te volg. Om vas te stel waar klank vandaan kom (rigting van klank) is ook moeilik.

Baie mense verkeer onder die indruk dat hy/sy of sy kind maar só deur die lewe moet gaan.

Tans is daar 3 behandelingsopsies beskikbaar: kogleêre inplanting, BAHA (bone anchored hearing aid) of ‘n CROS sisteem (contralateral rooting of the signal). In die geval van ‘n CROS sisteem, dra u ‘n gehoorapparaat met ‘n mikrofoon om klanke aan die “dooie” kant van u kop op te vang. Hierdie klank of spraak word dan koordloos gelei na die oor met beter of normale gehoor aan die ander kant van u kop. Hierdie opsie gaan nie u gehoorsensitiwiteit in die oor met ernstige gehoorverlies verbeter nie, MAAR sal u gehoor in ‘n geraasomgewing vergemaklik.