Welkom by Gehoor in die Moot
Wat ‘n voorreg om sedert 1999 die inwoners van die Moot en elders by te staan!

Ek en my bekwame span beskou elke persoon wat die praktyk besoek as ‘n unieke individu en ons strewe is om in elkeen se eiesoortige gehoorbehoeftes te voorsien. Bykomend tot diagnostiese gehoortoetse, baba- en kindertoetsing en die verskaffing van gehoorbeskermers en swemproppies, verskaf ons ook die jongste tegnologie in gehoorapparate en elektroniese hulpmiddels en help ons pasiënte om dit ten volle tot hul voordeel te benut. Bystand word verleen totdat die pasiënt gemaklik is met die gebruik daarvan. Ouers hoef nie bekommerd te wees nie – jou baba of kleuter sal geen pyn tydens toetsing ervaar nie; trouens, sommige baba’s slaap regdeur en besef nie eens dat hulle getoets is nie!

Ons wil ons pasiënte se besoeke aan ons ‘n aangename ervaring maak en bied gratis veilige parkering op die perseel sodat daar nie bekommernis oor die veiligheid van u voertuig hoef te wees nie. Die parkeerarea en die binnekant van die praktyk is ook rolstoelvriendelik.

If you belong to a medical aid scheme, we will claim from it on your behalf. The submission of motivations and quotations to medical aid schemes is a service we perform free of charge. Speaking of free of charge, why not become a member of our Battery Club? Every time you buy hearing aid batteries, it is recorded on our system and once you have bought five packets, you receive the sixth one free. You need not be a patient of the practice to join this club. A further free service we render is the waiving of courier fees when hearing aids are sent to the manufacturer for warranty service.

Dr René Hornby

Regards