Tinnitus

Wat is Tinnitus?

Tinnitus is die waarneming van ‘n klank in jou ore en/of kop wat nie in die omgewing voorkom nie en kan steurend en irriterend wees. Dit kan inmeng met jou vermoë om te hoor, te konsentereer en te slaap. Dit is veral waarneembaar wanneer die omgewing stil is. Feite rondom tinnitus:

  • Tussen 80– 90% van persone met tinnitus het ook gehooraantasting. Tinnitusis ‘n simptoom van veranderinge/veroudering/beskadiging in die ouditiewesisteem.
  • Hierdie verandering soos veroorsaak deur ‘n gehoorverlies of oorinfeksie, het tot gevolg dat die hoeveelheid inligting wat na die brein gelei word, ook verander. Die brein wat klank verwerk en verstaan beskou hierdie veranderinge as ‘n klank, wat tinnitus genoem word.
  • Daar is hulp en terapie vir pasiënte met tinnitus. Met die dra van gehoorapparate wordspraak- en omgewingsklanke duideliker. Jou tinnitus word minder prominent aangesien jou brein meer op die belangrike omgewingsklanke fokus.
  • KLANK terapie is beskikbaar in gehoorapparate en op Apps (bv Widex se Zen Tinnitus ManagementApp).

More information